Om vry te wees
Weg van die warrel, die wemel en woel;
Van al die stampe en stote en stoei;
Weg van die menigte mense krioel,
En die geraas en geskree en geloei.
Weg van die skyn en die skewe gelag,
En die rumoer en die ruwe geraas,
En die gebras tot diep in die nag,
En die geweifel van kerke, helaas.
Weg van die meeding en ewig gekyf,
En die gewerskaf om bo uit te kom;
Al moet jy trap op jou naaste se lyf,
Om net jou doel te bereik, ook hoe krom.
Weg van die stryd om jou kop hoog te hou,
En om die wêreld die oog te kankyk,
En jou gewete en trots te behou,
En van die nou weë nie af te wyk.
Weg! Dis die sug van so menige mens.
Weg, ja net waar hy homself weer kan kry.
Steeds na sy God bly sy smagting en wens,
Net in die Heer is daar vryheid te kry!
Geskryf deur Joffie Janse van Rensburg op 9 Desember 1980